My Vrou Se Man Se Vrou by Emperors Palace
04 July 2012 - 12 August 2012
Theatre of Marcellus, Emperors Palace, Johannesburg
Die Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se weghol-treffer "Run for your Wife".
Tickets from R120 per person
Danksy Lefra Produksies is Suid-Afrika se gunsteling-klug in 2012 terug op die planke!
Peet van Rensburg se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se weghol-treffer, 'My Vrou se Man se Vrou' toer vanjaar regoor die land.
Die oorspronklike stuk, `Run for your Wife`, hou die rekord vir die langs-lopende klug op Londen se Wes-einde en het ook rekords in Suid-Afrika laat spat. Die hoofkarakter in My Vrou se Man se Vrou is John Smith, `n Londense taxi bestuurder wat saam met sy vrou Mary in Highgate woon ... en ook met sy vrou Barbara in Finchley, net vier minute uitmekaar. Natuurlik is die twee mevroue Smith salig onbewus van mekaar se bestaan, aangesien John sy ongereelde werksure gebruik as `n verskoning om sy dubbele lewe weg te steek. Maar `n ongeluk en `n verkeerde adres veroorsaak `n kettingreaksie en John moet bontstaan om te keer dat sy geheim op die lappe kom! En om sake te vererger, moet hy sy nuuskierige bure, `n vasberade joernalis en twee agterdogtige polisiemanne ontduik!
Special Winners Circle Discounts:
- ALL Card Holders 10%
Please book directly with the Emperors Palace Box Office on 011 928 1297.






